References

Dit is my sonderlinge voorreg om te getuig dat, alhoewel Mev. Susan Janse van Rensburg vir slegs vier maande aan my bekend is, die merkbare indruk wat sy as Godsvresende en opregte mens nalaat, blywend en oortuigend is.

Susan is ‘n hoog aangeskrewe Psigometris.Sy onderskei haarself in terme van haar professionele aanslag tot haar beroep. Empatiese begrip van haar kliënte, spreek van soekingsgedrewe insette in haar spesialisveld om volhoubaar tot lewensveranderende opheffing van mense by te dra.

J.C. du Plooy

Adjunk Uitvoerende Hoof: Onderwys & Opleilding

Solidariteit Helpende Hand

 


 

 

Susan het in 2011 haar internskap as psigometris onder my supervisie voltooi en ons werk sedertdien saam by Laerskool Generaal Nicolaas Smit.

Dit is `n plesier om saam met Susan te werk. Sy is altyd entoesiasties en meelewend oor haar werk en tree professioneel en eties op. Sy het goeie, empatiese kontak met kliënte en dit is duidelik dat sy regtig omgee en bereid is om ekstra moeite te doen wanneer nodig. Susan boesem vertroue in by die onderwysers en administratiewe personeel van die skool, wat probleemgevalle met haar sal bespreek.

Sy konsulteer altyd deurgaans met ouers van kinders wat sy assesseer en gee ook skriftelike terugvoer in die vorm van `ʼn omvattende verslag.

Susan is, vir my, `ʼn waardevolle kollega en ek sal haar dienste as psigometris enige tyd sonder voorbehoud aanbeveel.

 

Phoebè Fouchè

Sielkundige

 


 

Heil Die Leser

Dit is vir ondergetekende aangenaam om as volg te kan getuig ten opsigte van Mev.  Susan Janse van Rensburg.

Mev. Susan Janse van Rensburg is tans werksaam as Psigometris en lewer uitstaande werk.  Dit is selde dat  ʼn Hoof  ʼn persoon sal waarborg om nie teleur te stel nie, maar in Mev. Susan Janse van Rensburg se geval sal ondergetekende dit met graagte doen.

 Mev. Susan Janse van Rensburg het leerders met uitvalle, geasseseer en inligting verskaf ten opsigte van die leerders se intelektuele vermoëns en akademiese probleme geïdentifiseer. Leerders is ook geassesseer ten opsigte van hul persoonlikheid, belangstelling en aanleg.

Deur middel van verwysings is leerders verwys na die Arbeidsterapeute, Sielkundiges, Neuroloë,  Spraak- en Gehoorspesialiste.

Die ondergetekende het van ouers skitterende kommentaar gekry rakende Mev. Susan Janse van Rensburg se professionele wyse van hantering, omgee en passie vir haar leerders en werk.  Mev. Susan Janse van Rensburg het wonderlike ervaring  opgedoen en het ʼn  absolute deernis vir ons leerders gehad. 

Mev. Susan Janse van Rensburg het bewys dat haar omgee defnitief nie in waarde gemeet kan word nie.

Ten opsigte van haar persoonlikheid is sy  altyd positief, entoesiasties, dog baie dinamies en ʼn voorbeeld vir ander in enige proffesie!  Dit is met die grootste vrymoedigheid dat ek haar sal aanbeveel vir enige pos waarvoor sy aansoek sou doen.  Daar sal ook ʼn Vertrouensverhouding wees wat absoluut professioneel sal wees. Dit is ons grootste gebede dat Mev. Susan Janse van Renburg haar goeie werk sal voortsit om ʼn Wonderlike verskil in lewens van leerlinge te maak.

Ons weet dat  Mev. Susan Janse van Rensburg nie teleur sal stel nie, (sy ‘n uitsonderlike funksie in die gemeenskap sal verrig tydens haar privaat psigometriese dienste)

My beste wense vergesel hierdie getuigskrif en u kan my enige tyd skakel vir enige verdere navrae.  Dit sal ʼn voorreg wees om vir haar te kan getuig.

Seënwense

Mnr. S.C. Sealie