Beroepsleiding

basic    Basies

Die pakket bestaan uit die volgende 3 psigometriese toetse:

      1. Persoonlikheid Assessering- Die persoonlikheid assessering verskaf ʼn prentjie van die spesifieke individu se persoonlikheidstipe. Die assessering wat gebruik word is spesifiek aangepas vir die Suid-Afrikaanse konteks. Hierdie assessering sal help om aan jongmense inligting te verskaf rondom die beroepsvelde, wat die beste by die spesifieke individu se persoonlikheidstipe sal pas. Met behulp van hierdie assessering, kan ʼn individu se natuurlike voorkeure vir sekere werk-situasies sowel as persoonlikheid-eienskappe, in oorweging gebring word, wanneer ʼn beroepskeuse uitgeoefen moet word.
      1. Aanleg Toets vir Algemene Verstandelike Vermoëns- Hierdie assessering verskaf inligting rakende die leerling se spesifieke verstandelike vermoëns. Aanleg is die potensiaal waaroor ‘n persoon beskik, wat hom of haar in staat stel, om ‘n bepaalde vlak van vermoë te bereik, met ‘n gegewe hoeveelheid opeleiding.
      1. Belangstelling Vraelys- Hierdie assessering help individue om uit te vind waar hulle spesifieke belangstellings lê. Deur middel van die inligting bekom met behulp van die assessering,  kan die individu dus hul eie beroepsbelangstellings beter verstaan en hul so help om vakkeuses of beroepskeuses uit te oefen wat vir die leerling toegang sal gee tot sekere beroepsvelde waarin hul spesifiek belangstel.

Die afneem van hierdie assesseringspakket duur ongeveer 4 ure.

Koste vir hierdie pakket beloop R2900-00 per individu en sluit in:

      • Volledige verslag (neem 7 dae om saam te stel).
      • Terugvoer-sessie aan die individu en sy of haar ouers (30 min)

we-cater-for-everyone-2    Omvattend

Die pakket bestaan uit die volgende psigometriese toetse:

      1. Persoonlikheid Assessering-  dieselfde as in die basiese pakket.
      1. Aanleg Toets vir Algemene Verstandelike Vermoëns- dieselfde as in die basiese pakket.
      1. Belangstelling Vraelys- dieselfde as in die basiese pakket.

Plus +

      1. Belangstelling Assessering- Gedetailleerde assessering van die individu se sterkte belangstellings.
      1. Met hierdie pakket ontvang die leerder duidelike aanbevelings in terme van studierigtings (verskillende instansies), beroepsmoontlikhede, sowel as ʼn uiteensetting van die vakke sowel as ander vereistes wat daar is om in elk van die rigtings te beweeg.

Die afneem van hierdie assesseringspakket neem ongeveer 5 ure.

Koste vir hierdie pakket beloop R3300-00 per individu en sluit in:

      • volledige verslag (neem 7 dae om saam te stel)
      • Terugvoer-sessie aan die individu en hul ouers (1 uur)

rocket    Eksklusief

Die Pakket bestaan uit die volgende Psigometriese toetse;

      1. Persoonlikheid Assessering-  dieselfde as in die basiese pakket.
      1. Aanleg Toets vir Algemene Verstandelike Vermoëns- dieselfde as in die basiese pakket.
      1. Belangstelling Assessering- dieselfde as in die basiese pakket.

Plus +

      1. Belangstelling Assessering- Gedetailleerde assessering van die individu se sterkte belangstellings.
      1. Studeer-profiel Assessering- Hierdie assessering verskaf aan die individu inligting aangaande hul unieke leerstyl. Met behulp van hierdie assessering, word die individu bewus van hoe hul verkies om te leer. Hierdie assessering help die individu dus om meer effektief te studeer, volgens hul unieke en natuurlike leerstyl.
      1. Emosionele Intelligensie Assessering- Hierdie assessering lig die leerling se positiewe emosionele sterkpunte, sowel as areas van groei uit. Met behulp van hierdie assessering kan die individu waardevolle inligting bekom wat van hulp kan wees in die akademiese, persoonlike sowel as sosiale areas.
      1. Met hierdie pakket ontvang die leerder ook duidelike aanbevelings in terme van studierigtings (verskillende instansies), beroepsmoontlikhede, sowel as ʼn uiteensetting van die vakke sowel as ander vereistes wat daar is om in elk van die rigtings te beweeg.

Die afneem van hierdie assesseringspakket neem ongeveer 6 ½ ure.

Koste vir hierdie pakket beloop R5000-00 per individu en sluit in:

    • volledige verslag (neem 7 dae om saam te stel)
    • Terugvoer-sessie aan die individu en hul ouers (1 uur)