Meer oor Susan

Terwyl ek oor die grasperk hardloop en my baba se glimlaggende gesiggie op my kamera probeer vasvang, besef ek hoe my liefde vir die kuns, die natuur en natuurlik my ongelooflike man en kinders, my elke dag inspireer en motiveer, om ook ander individue te help om hulle passie en hartklop vir die lewe te ontdek.

 

Ek koester elke oomblik van selfontdekking– soos om ʼn kind dop te hou wat stadig maar seker en met afwagting die laaste paar stukke van ʼn legkaart aanmekaar sit en dan met groot verstomming en tevredenheid afkyk en glimlag vir die prentjie wat so volmaak voor hom bymekaar gekom het.

Die dryfveer van my praktyk, is om individue by te staan in hierdie proses van selfontdekking, deur hulle te help om hul unieke persoonlikheid, aanleg en belangstellings te identifiseer. Ek glo voorwaar, dat elke liewe individu verdien om te weet waar hulle hoort en om dít te doen waaroor hulle passievol is en uiteindelik geskep is, om te doen.

Die bevredigendste deel van my werk is om die glimlag op ʼn kliënt se gesig te sien ontwikkel, wanneer hy/sy daardie “verlore” stukkie gevind het, dit plaas waar dit moet wees en daardie persoon dan die potensiaal van sy/haar eie “lewens-prentjie” kan begin raaksien. Dit is werklik ʼn ontdekkingsreis wat ontvou.   

Ons is almal geskape met ʼn doel en met die  doel om ʼn vol lewe te leef. Met selfkennis, word hierdie ontdekkingsreis net soveel meer doelgerig en genotvol.